Politieke Ontwikkeling van die voormalige Duitse Kolonies sedert 1920

This post is also available in: English Français Deutsch Italiano Español Português

AFRIKAANS

Opgestel deur Dietrich Köster

KOLONIES IN AFRIKA

DUITS-OOS-AFRIKA, besitneming in 1884/85
Tanganjika-gebied
1920 na die Verenigde Koninkryk –
1961 Onafhanklike Staat Tanganjika/1962 Republiek van Tanganjika/
April 1964 deel van die Verenigde Republiek van Tanganjika en Zanzibar/
November 1964 van die Verenigde Republiek van Tanzanië
Ruanda-Urundi
1920 na België –
1962, Republiek van Rwanda (noordelike deel) resp.
1962 Koninkryk van Burundi/1996 Republiek van Burundi (suidelike deel)
Kionga-Driehoek
1920 teruggegee aan Portugal (Portugees-Oos-Afrika)-
1975 deel van die Volksrepubliek van Mosambiek /1990 van die Republiek van Mosambiek

DUITS-SUIDWES-AFRIKA, besitneming in 1884
1920 na die Unie van Suid-Afrika/1961 Republiek van Suid-Afrika
1990 Republiek van Namibië

KAMEROEN, besitneming in 1884
Wes-Kameroen, noordelike deel:
1920 na die Verenigde Koninkryk –
1960 deel van die Onafhanklike Staat van Nigerië/1963 Bondsrepubliek van Nigerië.
Wes-Kameroen, suidelike deel:
1960 deel van die Onafhanklike Staat van Nigerië –
1961 van die Bondsrepubliek Kameroen/1972 van die Verenigde Republiek van Kameroen, 1984 van die Republiek van Kameroen.
Oos-Kameroen:
1920 aan Frankryk –
1960 Republiek van Kameroen -1961 deel van die Bondsrepubliek Kameroen/1972 van die Verenigde Republiek van Kameroen, 1984 van die Republiek van Kameroen
1911
Neukamerun (Nieu-Kameroen) word geaffilieer met Kameroen.
1920
Neukamerun word weer ‘n deel van die naburige kolonies van Frans-Ekwatoriaal-Afrika (AEF) naamlik Tsjad (1960 Republiek van Tsjad), Oebangi-Tsjari (1960 Sentraal-Afrikaanse Republiek/1976 Sentraal-Afrikaanse Keiserryk/1979 Sentraal-Afrikaanse Republiek), Midde-Kongo (1960 Republiek van die Kongo/1970 Volksrepubliek van die Kongo/1992 Republiek van die Kongo) en Gaboen (1960 Gaboenese Republiek)

TOGO, besitneming in 1884
Westelike deel:
1920 na die Verenigde Koninkryk –
1957 deel van die Onafhanklike Staat van Ghana, 1960 van die Republiek van Ghana
Oostelike deel:
1920 na Frankryk –
1960 Togolese Republiek

KOLONIES AAN EN BINNE DIE STILLE OSEAAN

DUITS-NIEU-GUINEE
a) Keiser-Willem-Land, Bismarck-Argipel, Duitse Solomon-eilande, besitneming in 1884-1886
1920 na Australië –
1975 deel van die Onafhanklike Staat van Papoea-Nieu-Guinee
b) Marshall-eilande (deel van Duits-Mikronesië noord van die ewenaar), besitneming in 1885
1920 na Japan –
1947 onder VSA-administrasie deel van die Verenigde Nasies-Voogdygebied van die Pasifiese Eilande (TTPI)/
1990 Republiek van die Marshalleilande
c) Nauru (Duits-Mikronesië suid van die ewenaar), besitneming in 1888
1920 na die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland met administrasie-bestuur deur Australië –
1968 Republiek van Nauru
d) Duits-Mikronesië noord van die ewenaar sonder Marshall-eilande, besitneming in 1899
1920 na Japan –
1947 onder VSA-administrasie deel van die Verenigde Nasies-Voogdygebied van die Pasifiese Eilande (TTPI)
aa) 1990 VSA-Gemenebes van die Noordelike Mariana-eilande
bb) 1994 Republiek van Palau (Belau/Palau-eilande)
cc) 1990 Gefedereerde State van Mikronesië (FSM/Caroline-eilande)

DUITSE KIAUTSCHOU-GEBIED, besitneming in 1897/98
1920 na Japan –
1922 teruggegee aan Sjina –
1949 deel van die Volksrepubliek van Sjina

DUITS-SAMOA, besitneming in 1899/1900
1920 na Nieu-Seeland –
1962 Onafhanklike Staat van Wes-Samoa/1997 Onafhanklike Staat van Samoa

Opmerkinge:

Duits-Mikronesië sluit die Mariana-eilande (behalwe Guam), Palau-eilande, die Caroline-eilande, die Marshall-eilande en die eiland Nauru in. Met die uitsondering van die Duitse Kiautschou-Gebied en die Kionga-Driehoek het alle Duitse oorsese besittings 1920 mandate van die Volkebond geword. Togo en Kameroen het telkens B-mandate met Frankryk en die Verenigde Koninkryk as mandaathouer geword. Buitendien het Tanganjika en Ruanda-Urundi B-mandate met die Verenigde Koninkryk resp. België as mandaathouer geword. Duits-Suidwes-Afrika, Mikronesië noord van die ewenaar en Duits-Samoa was as C-mandate aan die Unie van Suid-Afrika, Japan resp. Nieu-Seeland ondergeskik. Nauru, as Duits-Mikronesië suid van die ewenaar, ontvang ‘n C-mandaat met die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland as mandaatmagte. Die res van Duits-Nieu-Guinee (Keiser-Willem-Land, Bismarck-Argipel en die Duitse Solomon-eilande) was onderskik as C-mandaat aan die administrasie van Australië.

Vanaf 1947 tot onafhanklikheid het al hierdie gebiede Verenigde Nasies-Voogdygebiede geword. In dieselfde jaar is slegs die administrasie vir die Verenigde Nasies-Voogdygebied van die Pasifiese Eilande (TTPI) van Japan na die Verenigde State van Amerika verander. Vir die gedeelte van dié Voogdygebied, wat Noordelike-Mariana-eilande genoem is, is onafhanklikheid nie oorweeg nie. Dié eilande is sedert 1990 Gemenebes van die Noordelike-Mariana-eilande in politieke unie met die Verenigde State van Amerika. Die aftreding van die Duitse oorsese besittings volg uit die Verdrag van Versailles van 28 Junie 1919, wat sedert 10 Januarie 1920 van krag is.

Kopiereg voorbehou Maart 2004 deur Dietrich Köster, D-53115 Bonn

This post is also available in: English Français Deutsch Italiano Español Português

About Marco Ramerini

I am passionate about history, especially the history of geographical explorations and colonialism.